Prayer Request


Ek voel op hierdie oomblik gelei om te BID vir JOU wat hierdie moet lees...
Jy voel dalk moedeloos en sonder hoop. Dit lyk vir jou asof die berg net te hoog is en jou kragte te min. Jy sien nie rede om aan te gaan en te bly glo dinge sal weer regkom nie. Ek wil vir JOU bemoedig en bid. Hou moed! Hierdie tyd sal verbygaan. Dis nie die einde nie, al voel dit so. Hou vas aan Vader se Beloftes. Bly staan op die Rots, Jesus Christus. Kyk na Hom en loof Hom al voel dit hoe onmoontlik. Prys Hom reeds vir die uitkoms en die deurbraak wat voor die deur is. Spreek lewe en Woord oor jou situasie! En dank Hom sonder ophou! In Jesus Naam! AMEN!!



by Pastor Johan

Pray Pray



Comments on this Prayer

No comments


Similar Prayers